BEESRIBBETJIES MET BIER

sorry no pic

1 x 340 ml blik bier

1 x 50 g pakkie tamatiepasta

65 g bruinsuiker (80 ml)

3 knoffelhuisies – fyngekap

2kg kort beesribbetjies

sout en varsgemaalde swartpeper – na smaak

 

METODE:

Verhit oond tot 200 ° C.

Meng bier, tamatiepasta, suiker en knoffel saam in ‘n mengbak.

Plaas ribbetjies in ‘n bak en gooi marinade oor.

Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 1 uur.

Voer ‘n roosterpan uit met foelie, blink kant na onder – die sous drup en brand lelik aan.

Sit ‘n afkoelrak bo op.

Haal ribbetjies uit marinade en plaas op afkoelrak.

Geur met sout en swartpeper.

Rooster vir 20 minute.

Terwyl die ribbetjies rooster, kan jy die marinade in ‘n klein kastrol verhit en vir sowat 5 minute kook.

Ná die 20 minute haal jy die ribbetjies uit die oond.

Verf met gekookte marinade.

Draai om en rooster vir nog so 20 minute – doen dit so 3 keer.

Jy kan die ribbetjies ook verder tot bros rooster.

Sit voor met tjips.

 

WENK: Die ribbetjies kan ook stadig oor die kole gebraai word

Advertisements

GESMOORDE BEESSTERT

sorry no pic

1 beesstert, opgesny.

olie vir braai.

2 uie, in skywe gesny.

2 wortels, geskraap en in kwarte gesny.

3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny.

15 ml. koekmeelblom.

500 ml. vleisaftreksel.

bouquet garni.

sout en peper na smaak.

 

Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante.

Skep uit en hou eenkant.

Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin.

Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook.

Geur met kruie en geurmiddels. ( bouet garni )

Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is.

 

Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval.

Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys.

 

Let wel:

As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder.

Verhit goed voor opdiening.

Bouquet garni is ‘n kruie wat saam in ‘n bossie in ‘n moeselien-sakkie

toegebind en voor opdiening verwyder word.

Italian Chicken Bake

sorry no pic

 

Ingredients

3-4 Boneless Skinless Chicken Breasts

4-6 Tablespoons Prepared Pesto

1-2 Roma Tomatoes

1 Cup Mozzarella Cheese, grated

 

Instructions

  1. Trim the chicken and lay them in a glass baking dish in a single layer.
  2. Spread 1-2 tablespoons of the pesto on top of each chicken breast.
  3. Cut the roma tomatoes into slices approx 1/2″ thick and lay 2 slices on top of each chicken breast.
  4. Sprinkle the cheese over the top of the chicken breasts.
  5. Bake at 400?F for 30-40 minutes or until the chicken is done and the juices run clear.
  6. Serve over a bed of rice or a plate of pasta. Enjoy!

 

Brandrissie heuning sosaties

sorry no pic

GENOEG VIR 4-6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

Sous

125 ml (½ k) tamatiesous

60 ml (¼ k) heuning

2 brandrissies, fyngemaal

60 ml (¼ k) bruinsuiker

15 ml (1 e) Worcestershire-sous

10 ml (2 t) appelasyn

2,5 ml (½ t) knoffelpoeier

2,5 ml (½ t) fyn swartpeper

Sosaties

4 hoenderborsies

2 rooi-uie, in wiggies gesny

Plaas ’n klein kastrol oor lae hitte.

Voeg al die sousbestanddele by en roer om te meng.

Laat prut 5 min. tot die suiker opgelos en die sous verdik het.

Sosaties:

Sny die hoenderborsies in happiegrootte-stukke en ryg om die beurt met uie-wiggies aan die sosatiestokke.

Verf met die sous en braai oor matige hitte in ’n roosterpan – bedruip terwyl jy omdraai.

Sit voor met platbrode en groenslaai.

Bobotiekoppies

Bobotiekoppies

Maak vanaand bobotiehappies vir jou gaste.

Genoeg vir 15 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

1 sny witbrood

250 ml (1 k) melk

15 ml (1 e) olie

1 ui, fyn gekap

500 g beesmaalvleis

15 ml (1 e) kerriepoeier

20 ml (4 t) suiker

30 ml (2 e) asyn

30 ml (2 e) blatjang

125 ml (½ k) pitlose rosyne

125 ml (½ k) water

Vla

1 eier

60 ml (¼ k) room

sout en swartpeper

30 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.

Week die brood in 125 ml (½ k) van die melk.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot sag.

Voeg die maalvleis by en braai tot goed verbruin.

Roer die kerriepoeier in.

Druk die melk uit die brood en krummel die deurweekte brood by die maalvleis in.

Voeg die suiker, asyn, blatjang, rosyne en water by die maalvleis.

Roer en laat prut 10 min. of tot die maalvleis gaar en die mengsel amper droog is, maar steeds klam.

Vla:

Klits die eier, room, oorblywende melk, sout, peper en botter saam tot goed gemeng.

Skep die maalvleisvulsel in die muffinholtes en bedek met die vla.

Laat 5 min. staan en bak 15 min. of tot die vla geset het.

Bacon Biltong

sorry no pic

1 kg Back bacon
4 tablespoons salt
1 tablespoon ground black pepper
1 tablespoon chilli spice
125 ml white vinegar

HOW TO MAKE IT:
Place a layer of bacon in a glass dish.
Sprinkle with dry spice mix.
Place next layer of bacon.
Spice and repeat till all bacon spiced.
Sprinkle over vinegar
Cover with plastic wrap and rest for 4 hours.
Hang to dry, approx 2 days.