Alles-in-een ontbyt

ontbut

Alles-in-een-ontbyt

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

 

Worsmengsel

6 eiers, hardgekook en afgedop

sout en pas-gemaalde peper

4 Russiese worsies (Russians), in skyfies gesny

 

Sous

500 ml (2 k) dik, klaarbereide witsous

1 blik (410 g) geroomde pitmielies

10 ml (2 t) mosterdpoeier

paar druppels tabasco sous

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

 

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.

 

  1. Worsmengsel: Sny die eiers in skywe en pak in die oondbak.

 

Geur met die sout en peper en versprei die worsies bo-op.

 

  1. Sous: Meng al die bestanddele goed, maar hou 60 ml (¼ k) van die kaas eenkant.

 

Giet die sous oor die worsies en sprinkel die orige kaas bo-oor.

 

  1. Bak 20 minute of tot goudbruin bo-op.

 

  1. Sit voor saam met vars basiliekruid (basil).

 

Advertisements