OUTYDSE KERRIE SOSATIES

sorry no pic

Marinade

500 g Uie, in kwarte gesny (of gebruik heel klein uitjies, nog beter)

2 Eetlepels (30 ml) kerriepoeier

2 Teelepels (10 ml) gemmerpoeier

4 Eetlepels (60 ml) borrie

1 Teelepel (5 ml) komyn (jeera)

2 Eetlepels (30 ml) vinkel of steranys

½ Koppie (125 ml) bruinsuiker

2 Eetlepels (30 ml) mielieblom (maizina)

750 ml Bruin druiweasyn (nie balsamiese asyn nie)

1 Koppie (250 ml) water

1 450 g Blik appelkooskonfyt

8 Gekneusde suurlemoenblare

 

Vleis

Sout en peper

1,5 kg Vleis: beesfilet en skaapboud

1 kg Varkboud

 

Voeg al die marinade-bestanddele in ‘n groot kastrol en kook vir sowat 5 minute of tot dit begin verdik. (Moenie die uie pap kook nie.)

Proe aan die sous.   Voeg nog kerriepoeier en bruinsuiker by indien nodig en kook deur.

Laat koel eenkant af.

Sny die vleis in netjiese 3 cm-blokkies – dit word makliker gedoen as die vleis effens bevrore is.

Sny van die spek wat aan die varkvleis is ook in 3 X 3 cm blokkies.

Marineer die vleis en uie in die kerriesous vir ‘n dag of twee.

Roer kort-kort om seker te maak die sous bedek alles.

Ryg die vleis en uie op sosatiestokkies en sorg dat al die stokkies ewe veel van elke soort vleis op het, anders kry een ou al die filet en ‘n ander al die skaap. Dit lyk ook netjieser.

(Dra kombuishandskoene, anders vlek jou hande en veral jou naels geel!)

Braai op ‘n rooster hoog bokant die kole en oppas dat dit nie brand nie. Strooi sout oor terwyl dit gebraai word.

Kook intussen weer die sosatiesous en sit dit warm saam met die sosaties voor op pap of kapokaartappels of rys.

 

WENKE: Vleispryse raak rof, rowwer, rofste. Die varkvleis maak dit so ‘n bietjie goedkoper.

Op elke stokkie kan ‘n stukkie suurlemoenblaar of lourierblaar geryg word.

Droëvrugte kan saam geryg word. (Droëvrugte saam met vleis is reeds sedert die jare toet deur die Perse gedoen en dit het via Europa na Holland gereis en toe met die see Kaap toe gekom.)

Mens kan ook aparte stokkies van soetrissies en vars vrugte soos pynappel en appel ryg om te braai as ‘n bykos – dit is kebabs en nie sosaties nie.

 

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s