BREYANI MET WORS

sorry no pic

1-2 kg boerewors, in stukke van sowat 3-5 cm gesny

825 g-blik perskeskywe, gedreineer

sout en peper na smaak

2 kop rys

½ kop bruin lensies

3 groot uie, in ringe gesny

1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap

olyfolie

4 e (opgehoop) kerriepoeier (matig of warm)

1 teel borrie

1½ kop Mrs Ball’s-blatjang

1 kop water

 

METODE:

Sit die boerewors in ’n oondvaste bak en gooi die perskeskwye bo-oor.

Geur na smaak met sout en peper en gooi dan die rys en lensies oor die wors en perskes.

Braai die uie in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin. Roer die soetrissie by.

Voeg die kerriepoeier, borrie, blatjang en water by.

Meng goed, verwyder van die hitte en gooi oor die boerewors-mengsel.

Maak seker die rys en lensies is bedek met die vloeistof (indien nie, voeg nog water by).

Bedek die bak met foelie en bak vir 45 min. teen 180 °C totdat die boerewors, rys en lensies gaar is.

Al die vloeistof moet geabsorbeer wees (indien nie, sit die bak terug in die oond en bak onbedek vir nog 15 min.).

Sit die breyani voor met sambals.

 

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s