BEESRIBBETJIES MET BIER

sorry no pic

1 x 340 ml blik bier

1 x 50 g pakkie tamatiepasta

65 g bruinsuiker (80 ml)

3 knoffelhuisies – fyngekap

2kg kort beesribbetjies

sout en varsgemaalde swartpeper – na smaak

 

METODE:

Verhit oond tot 200 ° C.

Meng bier, tamatiepasta, suiker en knoffel saam in ‘n mengbak.

Plaas ribbetjies in ‘n bak en gooi marinade oor.

Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 1 uur.

Voer ‘n roosterpan uit met foelie, blink kant na onder – die sous drup en brand lelik aan.

Sit ‘n afkoelrak bo op.

Haal ribbetjies uit marinade en plaas op afkoelrak.

Geur met sout en swartpeper.

Rooster vir 20 minute.

Terwyl die ribbetjies rooster, kan jy die marinade in ‘n klein kastrol verhit en vir sowat 5 minute kook.

Ná die 20 minute haal jy die ribbetjies uit die oond.

Verf met gekookte marinade.

Draai om en rooster vir nog so 20 minute – doen dit so 3 keer.

Jy kan die ribbetjies ook verder tot bros rooster.

Sit voor met tjips.

 

WENK: Die ribbetjies kan ook stadig oor die kole gebraai word

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s