Brandrissie heuning sosaties

sorry no pic

GENOEG VIR 4-6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

Sous

125 ml (½ k) tamatiesous

60 ml (¼ k) heuning

2 brandrissies, fyngemaal

60 ml (¼ k) bruinsuiker

15 ml (1 e) Worcestershire-sous

10 ml (2 t) appelasyn

2,5 ml (½ t) knoffelpoeier

2,5 ml (½ t) fyn swartpeper

Sosaties

4 hoenderborsies

2 rooi-uie, in wiggies gesny

Plaas ’n klein kastrol oor lae hitte.

Voeg al die sousbestanddele by en roer om te meng.

Laat prut 5 min. tot die suiker opgelos en die sous verdik het.

Sosaties:

Sny die hoenderborsies in happiegrootte-stukke en ryg om die beurt met uie-wiggies aan die sosatiestokke.

Verf met die sous en braai oor matige hitte in ’n roosterpan – bedruip terwyl jy omdraai.

Sit voor met platbrode en groenslaai.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s