Aartappelkerrie

potato-curry

Aartappelkerrie

Bestandele

10ml sonneblomolie

1 groot ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5ml gerasperde vars gemmer

30-40ml kerrie-masala

5ml elk fyn komyn, koljander en vinkelsaad

4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny

1-2 patats, geskil en in blokkies gesny

250ml groente- of hoenderaftreksel

1 sitroengrasstingel, gekneus (opsioneel)

1 blik klappermelk

’n groot hand vol gekapte koljander

suurlemoensap na smaak

poppadums of basmati-rys om voor te sit

 

Metode

Verhit die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by en roer goed.

Voeg die speserye en sade by en roer goed. Voeg die aartappels, patats, aftreksel en sitroengras by en verhit tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut met die deksel op vir 10 minute tot die aartappels byna sag is.

Voeg die klappermelk by en laat prut tot sag. Roer die koljander en suurlemoensap by en geur na smaak.

Sit voor met poppadums of basmati-rys.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s