MURGBEEN POTJIE

MURGBEEN POTJIE

Hier’s ’n resep uit die kombuis van Schalk Burger sr., rugbylegende, en sy gesin se nuwe restaurant op hul Wellingtonse wynplaas.

12 murgbene, in stukke van 5-9 cm gesaag

Sap van halwe suurlemoen

3 lourierblare

10 heel peperkorrels

2 stele seldery

Water

Rooiwyn-jus

250 ml goeie beesvleisaftreksel

250 ml rooiwyn

Sout en swartpeper

60 g koue botter, in klein blokkies gesny

Vir die murgbene:

Plaas ál die bestanddele saam in ’n klein kastrol. Voeg genoeg water by om die bene te bedek. Verhit stadig tot kookpunt en prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute. Laat die murgbene in die aftreksel afkoel.

Vir die rooiwyn-jus:

Verhit die aftreksel tot kookpunt en laat prut vir sowat vyf minute. Verhit die rooiwyn tot kookpunt en kook dit vinnig af tot stroperig. Voeg dit by die aftreksel en prut verder tot dit effens afgekook en verdik is. geur na smaak met sout en swartpeper en klop die botterblokkies by.

Plaas die murgbene vir ’n paar minute in die oond om warm te word, indien nodig. Sit dit voor met warm roosterbrood en bedruip die murgbene met ’n lepel of twee van die rooiwyn-jus. Maal swartpeper oor en rond af met ’n takkie vars roosmaryn.

Lewer 3-4 porsies

Potdag%20by%20skool%2014-3-2015%20023.jpg

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s