LEKKERSTE SOUSBOONTJIES OOIT

p1030716

LEKKERSTE SOUSBOONTJIES OOIT

2½ kop Suikerboontjies

2 kop Suiker

½ kop Bruin asyn

½ t Sout

Sorteer suikerboontjies en verwyder alle onsuiwerhede.

Bedek die boontjies met baie water en week oornag.

Volgende dag – dreineer geweekte boontjies, bedek met vars water en kook dit tot sag.

LET WEL:

Kook boontjies net in vars water moenie enigiets anders nou byvoeg nie.

[Dit moet melerig tussen vingers gevryf kan word.][ voeg klontjie margarien by as water oor kastrolrand wil skuim.]

Haal kastroldeksel van pot af teen die einde sodat boontjies taamlik droog kan kook.

Voeg die suiker, bruin asyn en sout by die boontjies en prut stadig totdat sous die verlangde dikte het.

Haal van stoof af en voeg ‘n eetlepel GOUESTROOP by en roer goed.

Maak baie en bêre, want jy gaan weer en weer hiervan wil eet.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s