INGEMAAKTE TAMATIE SPAGHETTI

spaghetti-in-tamatiesous.jpg

INGEMAAKTE TAMATIE SPAGHETTI

500g Uie, gekerf

Kookolie

4kg Ryp tamaties, ontvel en in kwarte gesny

375ml (1 1/2 k) fyn appelkooskonfyt

250ml (1 k) witsuiker

12,5ml sout

5ml neutmuskaat

2ml rooipeper

2 pakke (500g elk) spaghetti

30ml Bruinsuiker

30ml Origanum

Soteer die uie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie kwarte by die uieringe en laat prut tot die tamaties sag en fyn is. (nogal ‘n tydjie).

Meng die res van die bestandele, behalwe die spaghetti, en voeg dit by die tamatiemengsel. Laat prut totdat die mengsel nie meer te waterig is nie.

Kook intussen die spaghetti soos op die pak beskryf. Dreineer goed, voeg by die tamatiemengsel en laat nog 5 minute lank prut. (Maak seker jy gebruik ‘n groot pot want as jy die spaghetti saam met die tamaties meng is dit nogal baie).

Skep uit in skoon, gesteriliseerde flesse.Lewer ongeveer 4L (Ek het so +- 9, 500g Consol Bottels gekry).

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s