ALLER BESTE CHUTNEY OOIT

imagesF4PGZJA4

ALLER BESTE CHUTNEY OOIT

1kg vars vrugte, appelkose, perskes of tamaties

2 uie fyn gerasper

1 heel bol knoffel fyn gerasper

1,25kg suiker

940ml wit druiwe asyn

30-40ml fyn gemmer

10ml mostertpoeier

15ml sout

7-10ml rooipeper

Was die vrugte skoon af, halveer en verwyder die pitte. Kook tot sag. Maal dan die vrugte fyn of klop dit fyn met ´n houtlepel.

Kook die ui en knoffel in 250ml water en 250ml van die asyn tot sag. Voeg die suiker, die res van die asyn en die geurmiddels by. Verhit oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is. Kook 2 minute lank en voeg die vrugte by. Kook 30 minute lank of totdat die chutney dik genoeg is. Roer gereeld om te voorkom dat dit aanbrand.

Giet in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s